Golden Oldies (Sondae, 11:00 - 14:00)

Johan Roos

Die Golden oldies vat jou terug in tyd met die beste internasionale en plaaslike treffers van toeka se dae.

My liefde vir liedjies met n lekker melodie en n liriek wat vir jou 'n storie vertel en jou bietjie op reis neem deur die verbeelding, swaarkry, liefde of vreugde van n liedjieskrywer maak dat die Golden Oldies program vir my baie naby aan die hart le.

Deur die loop van die program vertel ek die luisteraar meer oor n paar van die kunstenaars wat dalk nie vir almal algemene kennis is nie.

Ander insetsels sluit in n Toets Jou Kennis vraag twee keer in die program waar ek die luisteraar die geleentheid gee om sy eie kennis te toets.

In die middel van die program speel ek 'n mini konsert wat bestaan uit vier liedjies van in 'n ry van een kunstenaar of groep.

Nuwe insetsels sluit in luisteraar se keuse van drie liedjies asook 'n verjaardag en n stukkie populere musiek geskiedenis.

Golden Oldies