play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

BOKSPAN

Wimpie van der Sandt

Wimpie is gebore en het groot geword in Springs. Van 'n baie jong ouderdom af wou hy 'n rugbykommentator wees en het tot tydens sy mondelinge in die laerskool die klas vermaak met 'n uitsending van ’n Springbok rugbywedstryd.

Yolandie Viljoen

Yolandie is ‘n plattelandse meisie in murg en been, gebore in die Noordkaap in ‘n klein dorpie met die naam Prieska.

Stem le Roux

Stefan le Roux, oftewel Stem soos hy bekend staan maak deel uit van die Brêkfis-span saam met met Wimpie en Le-Lue elke weeksoggend tussen 06h00 en 09h00. Verder is hy deel van die Bok Radio bemarkingspan, wat gereed staan om jou besigheid na die volgende vlak te neem. Sy radio-reis het in 2006 as ’n klank ingenieur begin waar hy by Radio Retail gewerk het. Hy moes nou saamwerk met musiek agentskappe. Die opneem van radio advertensies het ook ’n groot deel van sy werk uitgemaak. Hy het tussen 2010 en 2016 by KFM aangesluit as klank ingenieur en later vervaardiger Dit was net dié hupstoot in die regte rigting, want daarna het hy hom by die Bokspan aangesluit waar hy radio op verskillende vlakke beleef het! (en nogsteeds doen) ’n Kranige platejoggie in eie reg met ’n passie vir musiek... en sy sukkelende Man United spannetjie. Sy 3 kinders is loshande sy beste prestasie tot op hede!

Albertus Kotze

Albertus Kotze is reeds vir byna 'n dekade deel van die Bokspan. Die gebore Kapenaar se loopbaan het as junior-verslaggewer begin. Voordat hy by die Bokspan aangesluit het, het hy vir ongeveer 15 jaar in Johannesburg gewoon. Hier het hy as radio-omroeper en stasiebestuurder op gemeenskapsradio gefokus, voordat hy as verslaggewer by 'n bekende koerantuitgewer aangesluit het. In 2005 begin hy te werk by BMG (vandag bekend as Sony Music), waar hy tot 2013 gehelp het om Afrikaanse kunstenaars se loopbane te vorm.  As produksiebestuurder was hy ook betrokke by Patricia Lewis en SABC2 se uiters gewilde Blonde Ambisie en Supersterre-reekse.

Martin van der Merwe

Martin (The Postman) van der Merwe is tans die aanbieder van die middag program 'Huiswaarts' saam met Yolandie Viljoen. Oorspronklik van Pretoria, het hy betrokke geraak in die radiowese in 2010 by Tuks FM tydens sy studies aan die Universiteit van Pretoria. In 2013 het hy Bloemfontein toe verhuis en vir 7 jaar lank uitgesaai by OFM voordat hy die lig gesien het en uiteindelik in 2020 Kaapstad toe 'ge-emigreer' het om by Bok Radio aan te sluit. Hy het ook 'n finansiele dienste praktyk by Efficient Wealth wat hy baie geniet maar radio sal altyd sy eerste passie bly. Sport kom egter naby, hy's 'n kranige Chelsea en RCB ondersteuner, speel so gereeld moontlik krieket en golf, en sit altyd geld op die spel as Tiger Woods speel. Sy groot trots en vreugde is sy (baie geduldige) vrou Elanie en sy pragtige jong seun Alek wat nog te jonk is om terug te praat. Sy vriende noem hom 'The Postman' omdat hy blykbaar 'always deliver'. Hy bieg egter dat hy meeste van die tyd slegs vergelyk kan word met die Suid Afrikaanse posdiens in hierdie opsig.

VOLG ONS OP

KONTAK ONS

Bok Radio
Winkel A1, Cape Gate Décor Centre, Nitida Rylaan, Brackenfell, Kaapstad, 7560

Tel: 021 983 2201
Telegram: 074 2000 989
Email: info@bokradio.co.za

WIL JY ADVERTEER?

Klik hier as jy die behoefte het om jou besigheid op Bok Radio te adverteer.

EVENTS

Wil jy weet watter groot “event” ons volgende aanpak? Klik hier

© 2022 BOK RADIO – DIE BETER ALTERNATIEF. ALL RIGHTS RESERVED