Bok Radio 98.9fm - Luister Aanlyn
MSP BokBrekfis
NOU OP DIE LUG

Kyle Frick

Weeksdae 19:00 - 21:00

Die Bok Radio Kos Fees 2017

 

Die Bok Radio Kos Fees is in 2013 gebore nadat daar ‘n behoefte geidentifiseer is vir ‘n Kos fees in die Wes-Kaap.

Die eerste Bok Radio “4 Lande Kos Fees” het op 9 & 10 November 2013 plaasgevind by die

Jan Burger Sport Kompleks in Parow en is deur ongeveer 11 300 mense bygewoon oor die 2 dae.

Daar was kosse van 4 lande naamlik Suid Afrika, Duitsland, Portugal en Griekeland sowel as ‘n Bier- en Wyntuin,

stalletjies en vermaak vir oud en jonk. Top kunstenaars insluitende Desmond Wells, Pieter Smith en

Jakkie Louw het die vermaak verskaf.

 

In 2014 is die fees herdoop na die Bok Radio “8 Lande Kos Fees” om kosse van 8 lande aan te bied en die fees het

verskuif na Sandringham om nog meer mense te kan akkommodeer. Die infrastruktuur is verdubbel in grootte en

‘n Pretpark vir volwassenes sowel as ‘n Gratis Speelpark vir kinders onder 10 jaar is bygevoeg.

 

In 2016 is die fees weereens herdoop na die ‘Bok Radio Kos Fees’ om plek te maak vir meer kosse van verskeie lande.

‘n Nuwe terrein is gevind net buite Durbanville op die N7 en op 2 en 3 DESEMBER 2016 het meer as 12 000 mense

die fees bygewoon by die Cape Town Ostrich Ranch.

 

Top vermaak deur Kunstenaars soos Bellamy Brothers, Robbie Wessels, Juan Boucher, Desmond Wells,

Die Broers, Elandré, Andriëtte, Burger le Roux, Stephan Visagie, Chereé, Hugo Nieuwoudt en The Banned.

Kaartjies is soos volg:

Volwassenes: R150.00

Kinders (0-12 Jaar): R 20.00

Kinders (13-17 Jaar): R 75.00

SASSA Pensioenarisse: R 75.00

Bespreek NOU jou kaartjies by: https://goo.gl/HxDWVe 

Navrae:

0860 084 074

fees@bokradio.co.za

 

Share this article