Bok Radio 98.9fm - Luister Aanlyn
MSP BokBrekfis
NOU OP DIE LUG

Success Lekabe

Weeksdae 13:00 - 15:00

LE-LUE ROODE

Naam: Le-Lue van der Sandt

Titel by Bok: Bok Brekfis omroeper (eintlik net die nuus en verkeer girl) pfft! Asook persoonlike Assistent tot die Hoof Uitvoerende Beampte van Bok Radio.

Geboorte Dorp: Klerksdorp! Maar groot geword in die Swartland, my hartsdorpie, Malmesbury.

Gunsteling Kleur: Ligte Pers

Gunsteling Kos: Beslis Trinchado en Curry

Gunsteling Tydverdryf: Kwaliteit tyd met my harts mense, Sally en my slegkat Japie.

Celeb Crush: John Cena

Droom Vakansie: As ek een moet uitsonder – die wit sand, blou water en historiese geboue van Griekeland. Ek is ‘n absolute geskiedenis verslaafde, my hart trek ‘n punt na enige land met ou katedrale, kastele, teaters en die wonders van die wêreld. If traveling was free, you would never see me again 🙂

Vrees: Ek het nie meer ‘n vrees nie.

Stokperdjie: Moeilike een, ek het baie –  om ou meubels te koop, oor te doen, my kreatiewe brein bietjie te laat gaan. DIY with Le-Lue

Geheime Talent: Min mense weet dit, maar ek kan die hadida perfek naboots, dan is daar ook die padda… Op skool in ons Malmesbury huis was die dammetjie langs my venster en ek en die padda’s het tot laaaaat aand met mekaar gesels.

Slegste Gewoonte: Ek blaas my neus in distort en is te eerlik en reguit

Jou tema lied vir jou lewe:

Dit is seker die moeilikste vraag op die lys… Dit hang af van die bui waarin ek is. Paar van my gunsteling liedjies:

I love you always forever – Donna Lewis

So eensaam soos die son – Dewald Wasserfall

Faithfully – Journey

Jesse – Joshua Kadison

Maar die een wat my lewe beste beskryf: The Climb – Miley Cyrus

Koffie / Tee     Tee, enige tee. Groen tee, cinnamon tee, chai tee…

McDonalds / KFC      KFC se dunked wings bly maar net ‘n wenner.

Sjokolade / Vanilla    Vanilla roomys, maar verder alles wat sjokolade in het. Of dit nou wit, bruin of donker sjokolade is – dis my gunsteling. Ek kan nie een dag deurgaan sonder ‘n sjokolade nie en ek eet ‘n slab soos ‘n toebroodjie en as jy my ken weet jy dat jy my nie moet vra vir ‘n happie nie. Le-Lue doesn’t share chocolate.

Geld / Roem      Nie een nie. Gesondheid. Die afgelope paar jaar het ek baie mooi geleer dat jou gesondheid die belangrikste is. Nie geld of roem kan jou gesondheid koop nie.

Soet / Sout     As hierdie vraag in die vorm van ‘n bordjie met soet en sout eetgoed voor my was sou ek ewe veel van albei gevat het en die res in ‘n servet huistoe.

PastaPizza     PASTA!! Ek dink een of ander voor ouer van my het bietjie Italianse bloed gehad. 

Winter / Somer     WINTER!!! Ek hou NIKS van die somer nie. Ek voel onproduktief, jy kan nie beweeg nie, want dan sweet jy. Die Kaap is mooi groen as dit reen.

Kat / Hond     Albei –  Japie en Sally

Oggend / Aand     Aand (sal nie so dink nie aangesien ek die Brekfis show nou al vir 4 jaar doen) Ek is glad nie ‘n oggend mens nie. Glad. Nie.

Radio / TV     Radio. As ek nie ‘n tv hoef te hê nie, sal ek ‘n baie gelukkige mens wees, maar daar is 2 manne in my huis wat lewe vir sport, so die TV is ‘n moet. 

 

Beste Bok Oomblik: My beste Bok oomblik was toe ek aangestel word as omroeper by Bok Radio. Ons het ‘n kurses bygewoon wat deur die ou Bok Span lede aangebied is, ek het nog gedurende die kurses aangesluit by die Bok span, asook toe ek as wenner van die Burger Plusster sang kompetisie aangewys is in 2006

Gunsteling Bok Gebeurtenis (Event):  Tydloos 5 – die Pikkewyne, King Julian, Elsa, Timon & Pumba, Gingerbread man, die girls backstage en Pieter in sy gorilla suit. ‘n Ongelooflike 3 maande met my Bok familie.

Jy gaan op ‘n tropiese vakansie en moet een Bok Kollega saam vat, wie sal dit wees en hoekom?

Beslis Wimpie, nie net omdat hy my verloofde is nie, maar as jy vir Wimpie by jou het sal jy altyd lag, jy sal altyd iets hê om te doen en jy sal memories maak wat jy nooit sal vergeet nie! Ons altwee is geseën met ‘n vreeslike lekker sin vir humor, ons maak gou vriende met vreemdelinge en ek sal hom nogal op die tropiese vakansie in ‘n speedo wil sien!! Hy is ook die enigste een wat sal weet hoe om my te kalmeer as die hitte besig is om my onder te kry.

Jou Bok Wooden Mic oomblik? (Blonde Oomblik).

Elke oggend se Brekfis show. Of dit nou Landoedoe is wat eintlik Llandudno moet wees, of voter moertuig wat eintlik motor vortuig is… Die voorvel word ook gedurig ondersoek as ek nuus lees en elke person met ‘n naam wat bitter min klinkers bevat word elke keer anders uitgespreek.