play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

Omroeper

Bonita Blankenberg

Background

Be the change that you wish to see in the world. –  Mahatma Gandhi

 

Wie is Bonita, waar kom jy vandaan en hoe het jy in radio beland het?

My Ma het, toe ek klein was, een van daardie radio gevaartes gehad met ‘n kassetspeler en platespeler. Dit was my gunsteling meubelstuk, my sleutel tot die buitelewe. Ek wou altyd daarin klim en het gewonder hoe die mense daar binne kon wees sonder dat ek hulle gehoor ingaan het. Radio was nog altyd my passie en het gelei tot my joernalistiek-studies na skool. Die res is nog ‘n “work-in-progress”, lol…

 

Wat is jou gunsteling Bok-event?

Die Bokkies…enige geleentheid om te kan opdress, lol.

 

Wie is jou gunsteling kollega en hoekom?

Ben. Hy is nie gepla oor die geblaasde lampies in my kop nie. Sy sin vir humor is nogal iets anders, 😊

 

Wat is jou gunsteling liedjie van alle tye?

Dis moeilik, maar as ek een moet kies, sal dit seker “Words” van die Bee Gees wees.

 

Wat is jou gunsteling kos of gereg?

Ek verkoop my siel vir ‘n lekker pasta, maar ek wil dit gewoonlik by die huis eet en nie in ‘n restaurant nie, want dit kan nogal ‘n souserige storie word, lol…