play_arrow
Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief
Whether you think you can, or you think you can’t – you’re right. – HENRY FORD
Wie is Emile, waar kom jy vandaan en hoe het jy in radio beland het?
Ek is gebore in die Kaap, en het groot geword in Parow. In 1997 gematrikuleer aan Hoërskool Tygerberg, waarna ek vir ‘n jaar sportbestuur & afrigting studeer het by die destydse Tygerberg Kollege. Deesdae werk ek voltyds as ‘n onafhanklike korttermyn-versekerings-makelaar en is werksaam in die bedryf sedert 1999.
Ek was nog altyd mal daaroor om sport te kyk, Tennis, krieket & rugby en as laerskool seun gedink dat ‘n sportskommentator ‘n lekker beroep sal wees. As jong kind was ek maar skaam en het nie maklik voor die klas of mense gepraat nie. Ek het van my hoërskooldae af baie radio geluister in my kamer en daar was altyd iewers ‘n radio aan in die huis. Ek was van my tienerjare af, mal oor musiek oor verskillende genres.
Radio het onverwags vir my gebeur, Bok Radio het in 2022 ‘n omroeperskursus aangebied wat ek bygewoon het, en wat ek baie interressant gevind het. ’n Paar weke later was ek gekontak vir ‘n tweede stemtoets, en vandag is die res geskiedenis!
Wat is jou gunsteling Bok-event?
CTC
Wie is jou gunsteling kollega en hoekom?
Ben…Hy het die wêreld se geduld, of hy laat dit ten minste so voorkom😊
Wat is jou gunsteling liedjie van alle tye?
As ek moet kies…PIXIES – WHERE IS MY MIND
Wat is jou gunsteling kos of gereg?
’n Goeie Steak