play_arrow
Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief
Be where your feet are.
Wie is Emma, waar kom jy vandaan en hoe het jy in radio beland het?
Ek is gebore in Port Elizabeth en het as kind op ’n paar plekke gewoon van Beaufort en Honeydew in Johannesburg tot ek uiteindelik in die Kaap beland het, waar ek in Brackenfell grootgeword het. Ek is ’n kreatiewe mens en toe ek hoor van die video-editor pos by Bok Radio, het ek dadelik gedink: “Hoekom nie?” Ek weet ek sal dit baie geniet, en omdat ek al van kleins af na Bok Radio luister, voel dit vir my soos ’n droom wat waar word.
Wat is jou gunsteling Bok-event?
Definitief die Bokkies…dis my gunsteling.
Wie is jou gunsteling kollega en hoekom?
Ziaan is my gunsteling kollega, nie net omdat ons langs mekaar werk nie, maar ook vir die lekker lag, gesels en saamwerk.
Wat is jou gunsteling liedjie van alle tye?
Dit sal ’n Volkswagen Bussie wees van Ryno Velvet.
Wat is jou gunsteling kos of gereg?
Dit sal altyd hoender-schnitzel wees met pepper- of knoffelsous.