play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

Omroeper

Ettiene Venter

Background

If you don’t know where you are going, any road will lead you there – Lewis Carrol

Wie is Ettiene, waar kom jy vandaan en hoe het jy in radio beland het?

Ek is gebore in die Vrystaat in ’n klein dorpie met die naam Reitz…waar die mielies en die koring hoog staan met pure plaas reuk in die lug. My skoolloopbaan het daar begin. Na ’n draai in Namakwaland het ek in die Paarl gevestig. Ek het nog altyd ’n groot passie gehad vir sport en het alle sportsoorte probeer, maar kon net nie skaak onder die knie kry nie.

Ek is al jare in die korporatiewe wêreld, en as ek nie agter my lessenaar sit nie kan jy my langs die water kry met ’n visstok in die hand.

Nadat die hoeveelste tannie vir my gesê het ek het ’n stem vir radio, het ek besluit om ’n stemtoets by Bok Radio te doen en van daar af nog nie terug gekyk nie.

 

Wat is jou gunsteling Bok-event?

CTC – Zack Brown Band – need I say more!

 

Wie is jou gunsteling kollega en hoekom?

Dis moeilik om een te kies, maar sal moet sê Joey. Sy’s altyd net ‘n oproep of whatsapp weg om enigetyd te help. 

 

Wat is jou gunsteling liedjie van alle tye? 

Hoe kies mens so iets! The Eagles – Hotel California

 

Wat is jou gunsteling kos of gereg?

Medium rare steak met die regte sousie.