Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief
If you’re not living on the edge, you’re taking up too much space!
Wie is Jean, waar kom jy vandaan en hoe het jy in radio beland het?
Ek was maar nog altyd in die mediabedryf. 15-jaar by Media24 in verskeie afdeling en toe eendag net besluit dis nou tyd vir iets anders. Bok Radio het ’n grafiese kunstenaar gesoek en nou’s dit 7-jaar later!
Wat is jou gunsteling Bok-event?
Die Boot is baie cool, maar wie kan nou nie van die Cape Town Country Festival hou nie. Ons gholfdae is self ook nie te sleg nie!🤪
Wie is jou gunsteling kollega en hoekom?
Ek sal moet sê Theo…hy weet als!😂
Wat is jou gunsteling liedjie van alle tye?
Ek dink nie daar is een spesifieke liedjie nie. Stiltetyd van Gian Groen is definitief hoog op die lys.
Wat is jou gunsteling kos of gereg?
Braaivleis, Braaivleis en oja…Braaivleis!