Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief
Twenty years from now you will be more disappointed by the things that you didn’t do than by the ones you did do. – Mark Twain
Wie is Joey, waar kom jy vandaan en hoe het jy in radio beland het?
Musiek was nog altyd ‘n groot deel van my lewe, en ek het besluit dat ek op een of ander manier een dag in of met musiek wil werk. Nadat ek een dag genooi was om ‘n gas te wees op ‘n sport program by ‘n satelliet radiostasie, het die gogga gebyt en ek het besluit ek wil graag in radio werk. Ek het eers begin as omroeper by Bok, maar het later meer betrokke begin raak in wat agter die skerms gebeur. Ek het toe na ‘n paar jaar besluit om die mikrofoon te los en eerder te konsentreer op die werk agter die skerms. Om nou as video editor, skeduleerder en tegniese hulp te werk bring al my passies bymekaar.
Wat is jou gunsteling Bok-event?
Cape Town Country Fest
Wie is jou gunsteling kollega en hoekom?
Valerie – Sy maak elke dag vir my koffie en het altyd iets te sĂȘ om my te maak lag.
Wat is jou gunsteling liedjie van alle tye?
Ek dink nie ek het al ooit regtig een gunsteling liedjie gehad nie. Ek is lief vir musiek en kan ‘n verskeidenheid op een speellys luister. Ek het wel ‘n sagte plek vir country musiek.
Wat is jou gunsteling kos of gereg?
Sushi en Bacon