Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief
Wees elke dag die beste weergawe van jouself!
Wie is Johan, waar kom jy vandaan en hoe het jy in radio beland het?
Ek is van Newcastle in KZN afkomstig. Ek was deel van die laaste Kanaries in 1997 en het saam met Jay gesing. Ek het as sportman baie hoogtepunte bereik en was kaptein van Ferrum H/Skool se 1ste span in 1996. Ons KZN Binneland binneshuise krieketspan het SA’s gewen, ek was AR by die Junior Wêreldbeker Rugbytoernooi in 2005. Darren Scott en Wimpie van der Sandt is die rede dat ek in radio beland het en nou is dit al 10 jaar later. Ek is getroud met twee wonderlike dogters wat self van sport hou.
Wat is jou gunsteling Bok-event?
Die Bokboot
Wie is jou gunsteling kollega en hoekom?
Dis so moeilik om te antwoord. Ek het baie goeie vriende by Bok Radio en elke persoon beteken iets in my lewe. Ek lag beslis die meeste vir Martin en wonder dikwels of hy regtig normaal is……ek twyfel.
Wat is jou gunsteling liedjie van alle tye?
ACDC – Thunderstruck
Wat is jou gunsteling kos of gereg?
Chinese Kos en Braaivleis!