play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

Omroeper

Le-Lue van der Sandt

Background

What I am is God’s gift to me…

What I become is my gift to God.

Le-Lue is ‘n plattelandse meisie en het groot geword in Malmesbury en het vroeg al haar liefde vir sang ontdek.

Na skool het sy bemarking studeer by Boland Kollege in Stellenbosch, waar sy ook die Studenteraad Voorsitter was. Le-Lue het in haar jonger dae meer gefokus op haar sangloopbaan en het 2 albums op haar kerfstok, “Die Een” en “Dis Ek”.

Sy is baie lief vir die vermaaklikheidswêreld. Radiowese het haar belangstelling geprikkel waarna sy vir ‘n omroeperskurses by Bok Radio gegaan het. Sy is tydens die kurses aangestel as omroeper en het haar eie program tussen 11h00 en 13h00 aangebied.

Sy is in 2012 bevorder na die Brêkfis-program, waar sy vir 12 jaar deel was van die Brêkfis Span. Na 3 maande se kraamverlof het sy pas weer agter die mikrofoon ingeskuif…die keer weer met haar eie program, elke weeksdag tussen 9h00 en 11h00

Sy’s in beheer van die jaarlikse Tydloos produksies. Le-Lue het ook al ’n hele paar Bokkie Toekennings gewen.o.a. Omroeper van die Jaar tot Beste Program by Bok Radio.