play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

Omroeper

Jaco de Villiers

Background

To make a difference in someone’s life you don’t have to be brilliant, rich, beautiful or perfect. You just have to care… – Mandy Hale

Jaco is gebore in die Oos-Kaapse dorpie Uitenhage. Hy matrikuleer in 2001 aan die Hoërskool Daniël Pienaar waarna hy besigheidsbestuur studeer.

Na ’n loopbaan van 13-jaar in die korporatiewe wêreld verander sy lewe in 2016 op ’n wonderlike manier toe hy aansluit by ’n gemeenskaps-radiostasie in Port Elizabeth.

In Desember 2019 sluit hy aan by die Bokspan waar hy naweke agter die mikrofoon inskuif.

Jaco geniet die buitelewe en in sy vryetyd draf en “hike” hy graag. Hy hou ook daarvan om nuwe restaurante te besoek en tyd by die see te spandeer.

Hy het ’n passie vir Afrikaans en om luisteraars te vermaak. Jaco sing ook graag en speel selfs klavier en orrel.

Hy geniet ’n goeie kerrie en natuurlik alles wat soet is!