play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

Omroeper

Martin van der Merwe

Background

AFSKOP

met Martin, Yolandie & Stem - WEEKSDAE 06h00 - 09h00

Afskop is die nr. 1 Afrikaanse radio ontbytprogram in die Wes-Kaap. ‘n Spreukbuis vir ons luisteraars en ‘n baken van inligting vir ons gemeenskap. Ons is ‘n dinamiese span met groot persoonlikhede sowel as diverse lewenservaringe en menings. Die een ding wat ons almal in gemeen het met mekaar en ons luisteraars is ‘n gesonde sin vir humor. Ons probeer onsself nie te ernstig opvat nie, tog is ons ernstig […]



It’s fun to do the impossible – Walt Disney

 

Wie is Martin, waar kom jy vandaan en hoe het jy in radio beland het?

Grootgeword en studeer in Pretoria en daar by TUKS FM my tande in die bedryf gesny. Vir my sondes 7 jaar in Bloemfontein spandeer. Sedert 2019 in die Kaap. Ek is getroud met twee seuns. (Wel ek is getroud met ‘n pragtige vrou, Elanie, en ons het twee seuns). Ek luister die afgelope 20 jaar na diedelfde 100 liedjies. Ek het nou die dag vir die eerste keer iets anders as ‘n hawaian pizza bestel, dit was ‘n fout. Eks ‘n sport ou. Sokker, golf en krieket. My vrou sal sê ek het ‘n ongesonde obsessie met krieket maar sy kan net nie insien hoeveel genot dit vir ‘n mens gee om iemand teen die kop te boul nie. Ek is ‘n omroeper vir die afgelope 15 jaar. Ek het ‘n finansiële dienste besigheid. My sterkste eienskap is my nederigheid 😊 My passie vir Radio het nog nooit helderder gebrand as vandag nie, ek is bitter lief vir Bok Radio en besonders opgewonde oor wat die toekoms inhou.

 

Wat is jou gunsteling Bok-event?

Die Bokboot is die vibe!

 

Wie is jou gunsteling kollega en hoekom?

Almal bring hulle eie stukkie magic na die tafel en ek is mal oor die Bokspan. Die 3 wat ek die meeste saam werk is vir my die dream team. Yolandie is my partner in crime, Stem is ‘n pro en Joey, wel Joey is Superwoman.

 

Wat is jou gunsteling liedjie van alle tye?

Onmoontlike vraag! Soos om te vra watter kind is jou gunsteling. Die een wat dalk die langste al op die kortlys is is Red Hot Chili Peppers – Under the Bridge.

 

Wat is jou gunsteling kos of gereg?

Enige ding wat gemoe of geblêr het voor hy op ‘n vuur gaargemaak is.