Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief
Moenie uitstel nie, doen dit nou!
Nadine Blom is ‘n gebore Vrystater en reeds 20 jaar ‘n welbekende sanger en motiveringspreker wat Suid-Afrika plat toer met haar Vroueoggende en Supercool Shows.
Hoe het sy op die radio beland? Sy het ‘n advertensie opgemerk op Instagram, ‘n kans gewaag en vol geloof ‘n stemtoets kom doen by Bok Radio en die res is geskiedenis.
Nadine het ‘n hart en passie vir mense en glo ons kan die rigtings van ons lewens verander deur positief te spreek en dink, en ons toekoms in die proses verander. Sy glo ons denke en woorde speel ’n massiewe rol in ons eindbestemming.