play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

Omroeper

Natisha

Background

NATISHA

weeksdae 12h00 - 14h00

Maandae is Motiverings Maandag - wat ons die snaaks in ’n storie raak sien. Die glas is altyd half vol. Namaste! Dinsdae is DIY Dinsdag, want ek weet ek gee my man nog skoenlappers in sy maag, maar ek gee hom verseker hoë bloeddruk as ek met n hammer verby kom. Ek dink mos ek kan alles self doen. In die finansiële omstandighede waarin almal hulself bevind is dit ’n […]



If I had a world of my own, everything would be nonsense. Nothing would be what it is, because everything would be what it isn’t. And contrary wise, what is, it wouldn’t be.

 

Wie is Natisha, waar kom jy vandaan en hoe het jy in radio beland het?

Ek het groot geword in Standerton op die platteland en het my tiener jare in Kaapstad deurgebring. Na skool gaan swot by Waterfront Teaterskool waar ek dans , sang en drama as vakke geneem het. Na ek my studies voltooi het, het ek in verskeie Afrikaanse films gespeel en het ook ’n kinderprogram op SABC 2 aangebied.  In 2009 het ek ’n Internasionale kontrak vir ’n dans en sang produksie in Turkye losgeslaan.

Toe ek terug keer in 2010 het ek een oggend gaan hardloop en my enkel baie lelik gebreek. Moes daardie droom bietjie op ys sit as gevolg van die besering. ’n Vriend van Wimpie het my gekontak (wat ook my rol as Melanie in Platteland vas gemaak het), en gesê ek moet in radio ingaan. Nooit gedink ek sou 10 jaar saam met die Bokspan deurbring nie, maar die gogga het gebyt! .

In 2018 begin ek deeltyds swot om as “animal health technician” te kan praktiseer. Dis soos ’n veaarts verpleegster, en het deeltyds by ’n eksoties kliniek begin werk. In 2020 (net voor Covid) het ek Bok Radio verlaat om voltyds my aandag aan diere te gee.  Ek was nog altyd deel van die Tydloos produksie so het nooit werklik Bok Radio verlaat nie. In 2024 het die kliniek sy deure permanent gesluit en ek het besluit om weer voltyds terug te keer as omroeper. 

 

Wat is jou gunsteling Bok-event?

Tydloos

 

Wie is jou gunsteling kollega en hoekom?

Ek kan nie net een kies nie, want die Bok-girls is ’n “package deal”. Ek dink as jy ’n verhoog saam met mense deel, soos ek , Le-Lue en Yolandie of saam groot mense geword het, soos ek, Maresa en Joey en so baie in die publieke oog is soos ons, is dit belangrik om jou te omring met vrouens wat jy volkome vertrou. Wat al die donkertse dele van jou gesien het… jou geheime bewaar, maar wat die goed saam met jou waardeer en harder vir jou skreeu as jou ma.  Sterk dog sag, snaaks en intelligente vrouens wat elke dag mekaar aanspoor om ’n beter weergawe van jouself te wees – en hulle is al daardie goed vir my. 

 

Wat is jou gunsteling liedjie van alle tye?

Daar is so so baie! Maar queen se ’39  is hoog op die lys.

 

Wat is jou gunsteling kos of gereg?

Ek is n pescatarian – maar enigiets met kaas is my tipe kos!