Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief
As jy nie meet nie sal jy nie weet nie
Wie is Theo, waar kom jy vandaan en hoe het jy in radio beland het?
Ek doen my hele loopbaan tegnies en daarom sal jy my nie sommer agter ‘n mikrofoon kry nie. Bok Radio was my eerste ondervinding met gemeenskapsradio toe ek betrokke geraak het met die rekenaars en netwerk gedurende die stigting van die radiostasie. Verder is ek ‘n Kapenaar in murg en been. Al het ek al in ander mooi plekke in ons land gewoon is die Kaap my tuiste. Deesdae is ek ook nie net meer ‘n pa nie, maar al ‘n oupa en geniet die tyd saam met my gesin baie.
Wat is jou gunsteling Bok-event?
Die Bokkies
Wie is jou gunsteling kollega en hoekom?
Jean…Die ou het regtig vasbyt en deursettingsvermoë. “Well done” met die Cape Town Cycling Tour Jean! 😊
Wat is jou gunsteling liedjie van alle tye?
Sjoe… dis ’n moeilike een, daar is so baie goeies. Ek gaan sê ek hou van liedjies waarvan ’n mens tenminste die koor kan saamsing!
Wat is jou gunsteling kos of gereg?
Lekker Sondag kook-kos. Rys, vleis, aartapels en groete!