play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

Stasiebestuurder

Wynand van Heerden

Background

Just be – Nianell

Wynand is gebore in Middelburg, Mpumalanga en begin sy skoolloopbaan by Laerskool Pretoria-Oos.

Later verhuis hy saam met sy ouers na Uitenhage in die Oos-Kaap waar hy die grootste deel van sy grootword-jare spandeer.

In 1995 matrikuleer hy aan die Kalahari Hoërskool op Kuruman waarna hy sy eie mini-Supermark oopmaak op Hotazel.

Nà 8 jaar tussen die rooi Kalahari sandduine pak hy sy tasse en begin sy eie nes skrop, terug in die Oos-Kaap. Vir ’n paar jaar dra hy ’n olierige blou “overall”  en werk met o.a. enjins, pistons en gaskets.

Hy loseer by huisvriende en via die oom en tannie raak hy per ongeluk betrokke by ’n christelike radiostasie, Kingfisher FM en begin as Naweek Bestuurder. ’n Maand later word hy een oggend gedwing om in te staan en uit te help met ’n program. Teen sy wil en uit vrees gryp hy tóg die geleentheid aan en leer alles oor radio. 10 Jaar later verruil hy Port Elizabeth vir die Kaap.

Wynand raak betrokke by “so-ander-radiostasie” in Bloubergstrand – stap later weg saam met ’n paar passievolle radiomense en begin Bok Radio. Hier leer hy wat dit is om saam met mense te glo en te bou aan ’n droom en daagliks te doen waarvoor hy lief is.

Bok Radio bied ook aan hom die geleentheid om op die verhoog as akteur sy verskyning te maak in die suksesvolle Tydloos-Produksies.

Nà 22 jaar in die radio bedryf leef Wynand steeds elke dag sy droom. Tans as Bok Radio se Stasiebestuurder.