play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

Omroeper

Yolandie Viljoen

Background

Be yourself, everyone else is already taken. – Oscar Wilde

Yolandie is ‘n plattelandse meisie in murg en been. Gebore in die Noordkaap in ‘n klein dorpie met die naam Prieska.

Sy het die wêreld betree met ‘n passie om mense te laat lag en was van kleins af ‘n baie dramatiese babbelbek. Alhoewel sy nie haar droom kon volg deur drama na skool te gaan studeer nie, het al die paaie terug gelei na die vermaaklikheidsbedryf.

Na kollege het sy agter die skerms in die rolprentbedryf begin werk en die kans gekry om met bekendes soos Patrick Swayze, Nicholis Cage, Ethan Hawke, Jared Leto, Colin Farrel en Salma Hayek skouers te skuur.

Haar liefde vir mense het haar in 2010 in die korporatiewe wêreld laat beland waar sy hoofsaaklik gefokus het op menselike ontwikkeling. ‘n Paar jaar later het sy die geleentheid gekry om as omroeper by Bok Radio aan te sluit en sy het dit dadelik met albei hande aangegryp.

Nogsteeds het haar hart gehunker na die verhoog en is sy later die kans gegun om deel te wees van die Bok Radio-Tydloos produksie as aktrise en sangeres.