play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

Omroeper

Ziaan Siems

Background


Dit maak nie saak hoe vinnig of hoe stadig jy gaan nie, solank jy net vorentoe beweeg!

Wie is Ziaan, waar kom jy vandaan en hoe het jy in radio beland het?

Ek is van die Noordelike voorstede en sport en musiek is my lewe. Beide het strukture en reëls en het ‘n manier om mense bymekaar te bring. My reis in radio het in 2014 begin by Bok Radio se radiokurses en na tien jaar se klippe kou in die industrie kon ek ‘n plekkie by hiérdie ongelooflike stasie vasmaak.

 

Wat is jou gunsteling Bok-event?

Beslis die Bok Boot! Lekker mense, goeie tye en ongelooflike views.

 

Wie is jou gunsteling kollega en hoekom?

Joey. Sy is verseker die hardste werker by Bok… en sy sit langs my en mag my dalk net klap as ek enige iets anders sê.

 

Wat is jou gunsteling liedjie van alle tye?

Dit is vrek moeilik om net een te kies. Daar is een wat my altyd ‘n boost gee en dit is Jeremy Loops se Mission to the Sun.

 

Wat is jou gunsteling kos of gereg?

Mens kan nooit verkeerd gaan met ‘n goeie pizza met avo nie.