play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

play_arrow

ATKV-Tjokkertoneel-finaliste kom maak ‘n draai

micYvon HeynstodaySeptember 12, 2024

Background
  • cover play_arrow

    ATKV-Tjokkertoneel-finaliste kom maak ‘n draai Yvon Heyns


Twee van die top-6 laerskoolproduksies wat aan die ATKV-Tjokkertoneel finaal deelneem, kom van Durbanville in Kaapstad se Noordelike Voorstede. Die doel van ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling en stel jong leerders bloot aan teaterkuns en drama d.m.v. mini-tonele. Yvon Heyns het gesels met Annabella Stam, ’n leerder van Curro Durbanville, oor hulle produksie Die Storietafel. Laerskool Durbanville se Josua Potgieter het passievol vertel van hulle produksie, Sokkieverse.

Beide skole en produksies het deurgedring na die nasionale finaal in die Kunstekaap om hul staal te wys op 27 September. Vier van die 6 nasionale tjokkerfinaliste kom uit die Kaapse Skiereiland. Ons is so trots op die jong talent in die Wes-Kaap. Luister weer na die energieke gesprek met die jong akteurs.