Booster Kids Robotica Yvon Heyns
Yvon Heyns het gesels met drie leerders, Jair February (11), Ryan Fortuin (12) en Abigail Schubert (12) van Team Checkmate. Hulle het Suid-Afrika verteenwoordig by die Asia Pacific Open Championship in Australië vanjaar in die First Lego League. Daar het hulle die “Breakthrough” toekenning verower as die kleinste asook die jongste span om deel te neem. In Suid-Afrika het hulle egter die Innovasie kategorie gewen met ‘n spesiale skaak-bordspeletjie vir blinde mense. Vind meer uit oor Booster Kids Robotics asook die kompetisies waaraan hierdie drie jong leerders deelgeneem het, deur weer na ons potgooi te luister.