Dink of Sink - debatskompetisie Yvon Heyns
Yvon Heyns het gesels met die nasionale wenners in die finale rondte van die AfriForum “Dink of Sink” onvoorbereide debatskompetisie wat Saterdag 7 Oktober by Akademia in Centurion plaasgevind het. Drie Hoërskool Durbanville leerders, Angelique & Genevive Myburgh en Lenae le Roux, het die span van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria uitgestof in die finale rondte van die junior afdeling. Hulle vertel hoe die kompetisie werk, die aanloop tot die groot dag, en wat hulle alles gedoen het ter voorbereiding. Volgens die organiseerders was dit ‘n naelbyt eindstryd. Die Durbanville leerders het flink en vinnig op hul voete gedink en die beoordeelaars diep beindruk. Luister na hul ervaringe deur weer te luister na die potgooi.