Geweld teen vroue Yvon Heyns
Augustus is Vroue-Maand in Suid-Afrika. Geweld teen vroue en kinders is ‘n groot probleem in Suid-Afrika, wat dringend aangespreek en ‘n oplossing voor gevind moet word. Kaptein Cyril Dicks van die SAPD het met Yvon gesels oor die stand van sake. Hy het ook vroue aangemoedig om na vore te kom wie slagoffers van geweld is. Hy het die proses verduidelik wat deur die polisie gevolg word en die bystand wat aan slagoffers verleen word. As jy dit misgeloop het, luister gerus weer.