Harsingskudding Bewusmakingsveldtog - Dr. Kobus Uys Yvon Heyns
Yvon Heyns het met ‘n ortopediese chirurg, Dr Kobus Uys, wat spesialiseer in spinale en traumachirurgie by Durbanville MediClinic, gesels oor ‘n Harsingskudding Bewusmakingsveldtog waarby hy betrokke is. Hy het verduidelik die belangrikheid van goeie fasiliteite, kundige medici en uitstekende versorging en monitering van leerders langs die veld wat beseer word op die sportveld (rugby spesifiek). Hy moedig alle skole aan om hierdie ‘n prioriteit te maak en vir kundige dokters om betrokke te raak by skole en hulp te verleen. Luister weer na ons potgooi hier.