Hoërskool Brackenfell ding mee in die Nasionale MOOT-Court kompetisie Yvon Heyns
Dr Yolandie Pretorius en twee leerders van Hoërskool Brackenfell het by Yvon Heyns in die ateljee kom inloer om te gesels oor hul merkwaardige prestasie. Charmaine van Wyk en Micke van der Westhuizen (beide Graad 11) vertrek vandag na Pretoria om die Wes-Kaap in die Nasionale MOOT-Court kompetisie te verteenwoordig. Ons gesels oor hul voorbereiding en pad tot die groot kompetisie. Dr. Pretorius verduidelik wat die kompetisie behels, die geskiedenis asook doel daarvan. Ons hoor ook wat die leerders alles in die proses geleer en ervaar het. Bok Radio wens Mnr. Hendrik Loock en die Brackenfell “regspan” baie sterkte toe met die kompetisie.