Slagoffers van seksuele misdrywe - Kaptein Cyril Dicks Yvon Heyns
Yvon Heyns het gesels met Kaptein Cyril Dicks van die SAPD oor die prosedure wat deur die Polisie gevolg word in die geval van ‘n klag van seksuele misdryf (soos verkragting, molestasie ens.). In die gesprek word slagoffers aangemoedig om wel die insident(e) by hul naaste polisiekantoor aan te meld om die slagoffer te beskerm maar ook om die oortreder tot verantwoording te bring. Dit help om toekomste insidente te verhoed en potensiele slagoffers te beskerm. Daar word meer lig gewerp op die onderwerp en hoe polisiestasies toegerus is met ‘n traumakamer waar slagoffers in ‘n veilige en private omgewing hulle verklaring kan aflê. Hy verduidelik ook hoe opgeleide vrywilligers teenwoordig is om bystand te lewer tydens hierdie proses. Die publiek word ook genooi om betrokke te raak deur spesiale opleiding te ontvang van professionele welsynswerkers om moontlike trauma gevalle by te staan.