Ons was bevoorreg om vir Lynette Victor en Dirkie Ebersohn van NID (National Institute for the Deaf) vir ’n hele dag by ons in die ateljee te hê. Dankie dat julle die dag by ons deurgebring het. Nie net het ons en die luisteraars meer geleer rakende gebaretaal nie, maar was dit ook baie insiggewend t.o.v. wat dit verg vir ’n dowe persoon om daagliks oor die weg te kom. Kyk gerus weer na die hoogtepunte.