Kinderbeskermingsweek Ep.2 Nadine Blom
In die lig van Kinderbeskermingsweek gesels Maritha Ellis van Badisa Trio met Nadine oor die faktore wat in aggeneem word om te bepaal of ‘n kind veilig is, al dan nie en wat die proses behels wanneer ‘n kind verwyder word uit haar of sy gesin ten einde by ‘n plek van veiligheid geplaas te word. Daar word ook gekyk na die omstandighede of aangewese plek waar ‘n kind geplaas word na verwydering uit onveilige omstandighede.