Mark Boucher onderhoud Ziaan Siems
Ziaan het vroeër op BokSport met die voormalige Protea-paaltjiewagter, Mark Boucher gesels. Hulle het geraak aan die SA20 “lollies” wat beskikbaar sal wees by wedstryde gedurende die toernooi. Verder was daar gepraat oor die toernooi self, watter lesse Krieket Suid-Afrika kan leer om ondersteuners in die stadion te kry vir provinsiale wedstryde en die geleentheid wat vir jong opkomende spelers geskep word met dié toernooi. Luister gerus.