Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ʼn formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe, maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met die dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie ken nie, En “takt” is een van hulle. Margit het vanoggend met Le-Lue kom gesels oor Ouma is Op Pad! Kyk gerus.