Raadsheer JP Smith onderhoud Yvon Heyns
Het jy geweet dat die Stad Kaapstad moderne en hoogs effektiewe tegnologie inspan om bendegeweld in die Kaap hok te slaan en misdadigers vas te trek? Luister na die gesprek tussen Yvon Heyns en Raadsheer JP Smith (Burgermeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, Stad Kaapstad), oor die tegnologie bekend as SoundThinking (ook bekend as ShotSpotter). Hierdie tegnologie het die vermoƫ om geweerskote baie akkuraat te identifiseer en ook aan te dui waar dit vandaan kom. Dit stel wetstoepassers in staat om vinnig op te tree en misdadigers vas te trek. Vind meer uit deur na ons potgooi te luister.