Hy het in 2016 Suid-Afrikaanse gehore aan sy lippe gehad toe hy daardie jaar aangewys is as die heel eerste wenner van The Voice SA… en nou is hy terug! Richard Stirton het met Le-Lue kom gesels oor sy splinternuwe enkelsnit, Cold on me wat eerskomende Vrydag, 26 Januarie vrygestel word.