Meer stem, meer persoonlikheid en meer talent gaan jy weinig kry. Ryno Velvet het met Nadine kom gesels oor sy splinternuwe enkelsnit, Volkswagen Bussie wat vandag vrygestel is. By hom in die ateljee was sy boesemvriend Basson Laubscher en saam het hulle ons bederf met ’n bietjie “Ai my lam” en selfs ’n Laurika Rauch treffer. Kyk gerus.