Stad Kaapstad bring Netbal Wêreldbeker-aksie na gemeenskappe Yvon Heyns
Luister weer na Yvon Heyns se gesprek met Franklin Anthony van Stad Kaapstad oor die Netbal Wêreldbeker-aksie in Kaapstad die volgende 10 dae. Met die amptelike begin van die Netbal Wêreldbeker hierdie week, wil die Stad inwoners aanmoedig om uit te kom en die sport by ‘n “Public Viewing Area” naby hulle te geniet. Elke area sal toegerus wees met sitplek, “surround sound” en regstreekse ononderbroke stroom uitsendings van al die wedstryde – geen bekommernis oor beurtkrag. Daar is ook meer as genoeg vermaak vir die hele gesin tussendeur. Luister gerus!