play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

play_arrow

Sterfabriek – James Boland

micLe-LuetodayJuly 23, 2025

Background
  • cover play_arrow

    Sterfabriek - James Boland Le-Lue


🌟 Sterfabriek 🌟
‘n Nuwe era in Afrikaanse musiekopleiding. Bemagtiging van voornemende kunstenaars om ingeligte loopbaankeuses te maak. Sterfabriek skud die Afrikaanse musiekbedryf wakker met ’n eksklusiewe kursus wat aspirant-kunstenaars bemagtig om hul loopbane slim en suksesvol te bou. Hierdie dinamiese inisiatief bied ongeëwenaarde insigte, praktiese kennis en strategiese vaardighede sodat deelnemers nie net hul drome kan nastreef nie, maar dit werklik kan verwesenlik. Dié aanlynkursus dek elke aspek van die Afrikaanse musiekbedryf, met meer as 50 videolesse en meer as 40 onderhoude met bedryfsleiers en topkunstenaars. Die platform se buigsame aanlynformaat stel deelnemers in staat om op hul eie tyd en pas te leer, wat dit ideaal maak vir individue met verskillende skedules. Le-Lue het vanoggend met James Boland, een van die stigters van Sterfabriek gesels.

Vir meer inligting besoek: www.sterfabriek.co.za