play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

play_arrow

“The Epicurean Journal” – Jill van As

micLe-LuetodayOctober 4, 2023

Background
  • cover play_arrow

    "The Epicurean Journal" - Jill van As Le-Lue


Le-Lue het vanoggend net na 10h Jill van As gesels oor haar boek wat in Februarie vrygestel is. “The Epicurean Journal” vier die plesier wat uit kos verkry word en verken die skrywer se lewensreis en emosies wat opgeroep word deur elke gereg wat deur haar in hierdie boek voorberei is.

Kos weerspieĆ«l ‘n mens se lewe. Dit kan soet wees; as die trane vloei, sout; wanneer slegte dinge gebeur, suur; en te warm om te hanteer wanneer dinge moeilik raak. Kook kan, net soos musiek, jou terugneem na ‘n tyd en plek toe jy dit die eerste keer ervaar het.

“The Epicurean Journal” is nie net ‘n kookboek nie, maar ‘n huldeblyk aan ‘n persoon se vermoĆ« om tragedie te oorkom, liefde te ervaar en vergifnis te vind. Die kortverhale wat in hierdie 96-bladsy boek vertel word handel oor Jill se lewenservarings en word gedeel met van die heerlikste resepte waarin sy vertroosting en liefde gevind het.

Vind jy ook vertroosting in kos? Wat is die bederfie wat jou rustig maak as jy gespanne is? Wat eet jy as jy deur ‘n tramatiese ervaring is?