Tienergeestesgesondheid Yvon Heyns
Yvon Heyns het met Karmen Hutton, ‘n kliniese sielkundige van Bloubergstrand, gesels oor tienergeestesgesondheid. Sy het verduidelik die belangrikheid om skielike veranderinge in kinders se gedrag, eetlus en lewenslus dop te hou, en hoe ouers hul kinders kan bystaan en help sou hulle sekere gedrag bespeur. Karmen het ook meer vertel oor die verskil tussen angstigheid en depressie en die belangrikheid om voorkomend op te tree in die belang van ‘n tiener se geestesgesondheid. Luister weer na die potgooi.