play_arrow
Wat nou Woensdag - Fibromalgie Natisha
Fibromalgie is ‘n wydverspreide spierpyn en -teerheid en gaan dikwels gepaard met moegheid en veranderde slaap, geheue en buie. Medikasie, praatterapie en stresvermindering kan help om simptome te beheer. Ons eie Heinrich HHH du Plooy is in 2008 met Fibromalgie gediagnoseer. Natisha het met hom gesels oor sy daaglikse ervaring en deel sy pad en moontlike raad en motivering met die luisteraars. Luister gerus!