play_arrow
Wêreld-Breindag Heinrich HHH du Plooy
Vandag is Wêreld-Breindag, en die Neurologiese Vereniging van Suid-Afrika verhoog bewustheid oor die voorkoming van demensie en hoe leefstylkeuses jou brein en jou toekoms kan beskerm. Demensie raak miljoene gesinne regoor die wêreld, en as huidige tendense voortduur, sal daardie getal die hoogte inskiet. Maar daar is hoopvolle nuus, want baie gevalle kan voorkom word. Hierdie Wêreldbreindag (22 Julie) word Suid-Afrikaners aangemoedig om aksie te neem, nie net vir hul eie breingesondheid nie, maar ook vir die toekomstige gesondheid van hul gemeenskappe. Heinrich du Plooy het met Dr. Patty Francis, President van die Neurologiese Vereniging van Suid-Afrika gesels.