Werknemers en Belasting Yvon Heyns
As jy ’n werkgewer is of mense indiens neem het jy sekere verantwoordelikhede teenoor jou werknemers wat belasting aanbetref. Luister na hoe Yvon Heyns met Aloysious Eerstehuizen van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) gesels oor Werknemers en Belasting. Die belastingseisoen begin binnekort vir Suid-Afrikaners wat ’n inkomste verdien, maar voordat belastingopgawes ingedien kan word is daar sekere voorbereidings wat deur werkgewers gedoen moet word, asook inligting wat aan SARS verskaf moet word. Luister gerus!