
Martin van der Merwe
Grootgeword en studeer in Pretoria en daar by TUKS FM my tande in die bedryf gesny. Vir my sondes 7 jaar in Bloemfontein spandeer. Sedert 2019 in die Kaap. In 2013 het hy Bloemfontein toe verhuis en vir 7 jaar lank uitgesaai by OFM voordat hy die lig gesien het en uiteindelik in 2020 Kaapstad toe 'ge-emigreer' het om by Bok Radio aan te sluit. Hy het ook 'n finansiele dienste praktyk by Efficient Wealth wat hy baie geniet maar radio sal altyd sy eerste passie bly. Sport kom egter naby, hy's 'n kranige Chelsea en RCB ondersteuner, speel so gereeld moontlik krieket en golf, en sit altyd geld op die spel as Tiger Woods speel. Sy groot trots en vreugde is sy (baie geduldige) vrou Elanie en sy pragtige jong seun Alek wat nog te jonk is om terug te praat. Sy vriende noem hom 'The Postman' omdat hy blykbaar 'always deliver'. Hy bieg egter dat hy meeste van die tyd slegs vergelyk kan word met die Suid Afrikaanse posdiens in hierdie opsig.