Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief
ELKE SATERDAG EN SONDAG 9H00 - 11H00
As jou week vol onweerswolke was…kom vang dan naweekgees tussen 09h00 en 11h00 met my Bonita. Die musiek sit die huppel terug in jou stap, en ons hou jou op hoogte van die jongste nuus, weer en sport dinge. Jy kan jou taal spiere wys met die “Taal-tippie-toets”, jou stralejakker-skoene aantrek vir “Waar-in-die-wereld” of die perfekte eiendom opspoor saam met NS Property Solutions. Voeg ‘n goeie skoot humor daarby en jy het ‘n lekker resep vir naweek Brunch.