play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

Huiswaarts

aangebied deur Martin vd Merwe en Yolandie Viljoen - WEEKSDAE 15h00 - 18h00

Background

Martin van der Merwe en Yolandie Viljoen is in beheer van die middagritprogram, “Huiswaarts”, weeksdae tussen 15h00 en 18h00, waartydens hulle die Noordelike Voorstede van Kaapstad sowel as hul landwye aanlyn gehoor vermaak. Dié 2 vul mekaar goed aan wat verskillende standpunte en skreeusnaakse interaksie verseker. Hul langdurige snelskrifverhouding en komiese aanslag bied ’n luisteromgewing wat gemaklik en humoristies, sowel as opvoedkundig is, terwyl hulle poog om hindernisse binne die gemeenskap aan te spreek.


Huiswaarts crew


Martin van der Merwe

Martin (The Postman) van der Merwe is tans die aanbieder van die middag program 'Huiswaarts' saam met Yolandie Viljoen. Oorspronklik van Pretoria, het hy betrokke geraak in die radiowese in 2010 by Tuks FM tydens sy studies aan die Universiteit van Pretoria. In 2013 het hy Bloemfontein toe verhuis en vir 7 jaar lank uitgesaai by OFM voordat hy die lig gesien het en uiteindelik in 2020 Kaapstad toe 'ge-emigreer' het om by Bok Radio aan te sluit. Hy het ook 'n finansiele dienste praktyk by Efficient Wealth wat hy baie geniet maar radio sal altyd sy eerste passie bly. Sport kom egter naby, hy's 'n kranige Chelsea en RCB ondersteuner, speel so gereeld moontlik krieket en golf, en sit altyd geld op die spel as Tiger Woods speel. Sy groot trots en vreugde is sy (baie geduldige) vrou Elanie en sy pragtige jong seun Alek wat nog te jonk is om terug te praat. Sy vriende noem hom 'The Postman' omdat hy blykbaar 'always deliver'. Hy bieg egter dat hy meeste van die tyd slegs vergelyk kan word met die Suid Afrikaanse posdiens in hierdie opsig.

Yolandie Viljoen

Yolandie is ‘n plattelandse meisie in murg en been, gebore in die Noordkaap in ‘n klein dorpie met die naam Prieska.