play_arrow

keyboard_arrow_right

skip_previous play_arrow skip_next
00:00 00:00
chevron_left
volume_up
chevron_left
  • cover play_arrow

    Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief

Natisha

WEEKSDAE 11h00 - 13h00

Background

Maandae is Motiverings Maandag – wat ons die snaaks in ’n storie raak sien. Die glas is altyd half vol. Namaste!

Dinsdae is DIY Dinsdag, want ek weet ek gee my man nog skoenlappers in sy maag, maar ek gee hom verseker hoë bloeddruk as ek met n hammer verby kom. Ek dink mos ek kan alles self doen. In die finansiële omstandighede waarin almal hulself bevind is dit ’n manier om goed in en om jou huis self te kan doen sonder om die bank te breek (letterlik).

Woensdae- “Wat nou Woensdag”- Wat nou as jy jouself in ’n situasie bevind wat jy nie geweet het hoe om dit te hanteer nie? Ons gesels daaroor – van jou skoonma wat dalk ’n onnodige opmerking maak tot wat jy moet doen jy as gekaap word.

Diere Donderdag- wat is Natisha dan nou sonder haar diere en liefde vir diere nie. Soveel mense stuur boodskappe my vrae wat vinnig en maklik geantwoord kan word. Ons gesels oor hoekom dit nie ’n goeie idee is om vir jou voeltjies sonneblom saad te gee nie tot hoekom jou hond so jeuk. Die belangrikheid van vaksienes en wanneer jy ’n veearts moet gaan sien.

Vrydae is verwarrende en ook “Uit die mond van die suigeling”. Verwarrend- omdat ons liedjies gaan vat wat mense al vir jare verkeerd sing en uit die mond van die suigeling – ek is die peetma van ’n 4-jarige en ’n 1-jarige en die sê goed en stories is absolute goud- om die wereld te kan sien deur die oe van n kind!