Wimpie van der Sandt
Wimpie is gebore en het groot geword in Springs. Van 'n baie jong ouderdom af wou hy 'n rugbykommentator wees en het tot tydens sy mondelinge in die laerskool die klas vermaak met 'n uitsending van ’n Springbok rugbywedstryd.
Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief
aangebied deur Wimpie, Maresa & Stem
WOENSDAEOGGENDE NEEM ONS JOU TERUG IN TYD!
Bok Brêkfis gaan oor die “connection” wat ons het met ons luisteraars. Die Brêkfis-span bestaan uit Wimpie, Maresa en Stem wat fokus op inhoud waarmee luisteraars kan identifiseer, sodat jy deel voel van die program. Die liefde vir musiek, sport en Suid-Afrika dryf hulle na die uiteindelike doel – om vir jou as luisteraar met ‘n glimlag by jou eindbestemming te kry!
Wimpie is gebore en het groot geword in Springs. Van 'n baie jong ouderdom af wou hy 'n rugbykommentator wees en het tot tydens sy mondelinge in die laerskool die klas vermaak met 'n uitsending van ’n Springbok rugbywedstryd.
Stefan le Roux, oftewel Stem soos hy bekend staan maak deel uit van die Brêkfis-span saam met met Wimpie en Le-Lue elke weeksoggend tussen 06h00 en 09h00. Verder is hy deel van die Bok Radio bemarkingspan, wat gereed staan om jou besigheid na die volgende vlak te neem. Sy radio-reis het in 2006 as ’n klank ingenieur begin waar hy by Radio Retail gewerk het. Hy moes nou saamwerk met musiek agentskappe. Die opneem van radio advertensies het ook ’n groot deel van sy werk uitgemaak. Hy het tussen 2010 en 2016 by KFM aangesluit as klank ingenieur en later vervaardiger Dit was net dié hupstoot in die regte rigting, want daarna het hy hom by die Bokspan aangesluit waar hy radio op verskillende vlakke beleef het! (en nogsteeds doen) ’n Kranige platejoggie in eie reg met ’n passie vir musiek... en sy sukkelende Man United spannetjie. Sy 3 kinders is loshande sy beste prestasie tot op hede!