play_arrow
Bok Radio 98.9fm Die Beter Alternatief
aangebied deur Tommy Dell - ELKE SONDAG 17h00 - 20h00
Die Country-legende Tommy Dell het by die Bokspan aangesluit. Tommy is reeds 50-jaar in die musiekbedryf en spog met 11 goue albums op sy kerfstok. Hy verras ons luisteraars met ‘n Country-program uit die boonste rakke. Sien uit na “Vandag en Gister se musiek” met kompetisies, pret en luisteraarsdeelname. Tommy beloof meer as net ‘n gewone radioprogram – inderdaad “Iets Ouds, Iets Nuuts, Iets Geleen en Iets Blou!” Maak seker jy’s elke Sondag tussen 17h00 en 20h00 ingeskakel!